Friday, April 11, 2008

Team Zing durf weer die waters aan.


Laas jaar het Team Zing, bestaande uit Jacques Groenewald en Ferdi Schenk, in die Trans Atlantic Wedvaart deelgeneem, ter voorbereiding vir die Trans Agulhas wat later sou volg. In die Trans Atlantic, tussen Strandfontein en Bloubergstrand, het Team Zing 3de in die P750-standaardklas geëindig.

Die Rat Race Media Trans Agulhas het op 28 Desember 2007 in Plettenbergbaai afgeskop. Die wedvaart het aangemeld by 22 verskillende kuspunte, waar daar by vyf oornag is. Ten spyte van die wedvaarte, was daar ook King of the Waves gehou by elke hoofstrand waar daar gestop is. Die Trans Agulhas staan bekend as een van die uitdagendste wedvaarte en is ook die oudste van sy soort in Suid-Afrika.
Dus doen deelnemers goeie resies-ondervinding op. Daar het altesame 49 motorbote deelgeneem, waarvan ons Team Zing, bestaande uit Jacques Groenewald en Adriaan van Wijk, deel was.

In dag een se vaart van Plettenbergbaai tot Mosselbaai het Team Zing die P750-standaardklas (Novice) gewen. Dit was 'n resies met tawwe kompetisie, want hulle moes jaag om voor te bly.

Team Zing het hul goeie vertoning voortgesit in dag twee se vaart tussen Mosselbaai en Stilbaai deur tweede te kom en hul voorsprong in die Novice Klas te behou.

Mis het dinge bemoeilik op die derde dag. Maar Team Zing het nie teleurgestel in die Stilbaai tot Struisbaai resies nie. Hulle het egter tweede gekom in beide die middagroete sowel as die nagresies.

Team Zing het derde gekom op die vierde dag se resies tussen Struisbaai en Hermanus.

Op die finale dag het Team Zing weer 'n skitterende derde plek behaal, en het 'n volle 20 minute voor hul naaste teenstaander geëindig. Die vaart het gestrek van Hermanus tot Strand.

Team Zing het algeheel derde plek verower in die Trans Agulhas P750-standaardklas. Hulle het ook die beste stuurman en mede-stuurman van die Trans Agulhas gewen.

Team Zing se Jacques Groenewald en Adriaan van Wijk het die volgende te sê gehad: "Baie dankie aan ons borge, uitstekende landspan en ondersteuning van vriende en familie. Nou lê daar 'n taai nasionale seisoen voor, maar ons is reg vir dit!"

No comments: